. . . of is dit iets waarin ons verander, groei, of selfs aangesteek word, soos met 'n aansteeklike siekte?
Ek het 'n kort tydjie terug op dié rubriek van Marita van der Vyver afgekom,
Leeslus, en sy beskryf dit so raak.
Dis nou waarlik waar ek is. Kyk, 'n ballet klas word deesdae selde aangedurf sonder 'n leesding in die hand. Ek moet bieg, partykeer word die leesding nie eens oopgemaak nie, maar soos 'n klein kindertjie se bersie is die troos darem daar dat dit byderhand is!
Lees dit gerus en laat my weet in watter kategorie jy val!
NS: Ai, maar dit was nou sommer baie lekker om weer in die MoederTaal te kommunikeer. Nee, ons praat dit darem elke dag by die huis, maar "Blogs" en "FB" is mos maar grootliks 'n Engelse medium, veral as jy met die Engelse moet kommunikeer!